top of page

Die premier is 'diep bekommerd' oor Vrystaatse munisipaliteite

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 25, 2025
  • 1 min read

Die premier van die Vrystaat, Maqueen Letsoha-Mathae, is "diep bekommerd oor die stand van munisipaliteite" in die provinsie.

Dit het na vore gekom tydens 'n gesamentlike sitting van die provinsiale regering en die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake Donderdag in Bloemfontein.

Volksblad beig Letsoha-Mathae het onder meer verwys na sommige munisipaliteite wat voor die hof gedaag word omdat hulle nie hul grondwetlike mandaat en verpligtinge nakom nie.

Voorts gaan verskeie munisipaliteite in die provinsie gebuk onder finansiële wanbestuur, swak padtoestande en ander diensleweringskwessies, onder meer waterprobleme.

Lede van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) en die ouditeur-generaal (OG) was ook teenwoordig.

Een van die kernprobleme is ook die nakoming deur munisipaliteite met betrekking tot oudit-uitkomste. Daar is steeds geen munisipaliteit in die Vrystaat wat 'n skoon oudit behaal het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page