top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die premier wil grondhervorming in die Vrystaat versnel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 12
  • 1 min read

Sterker samewerking tussen die verskillende vlakke van regering is volgens die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, nodig om grondhervorming te versnel.


Sy het die beroep gedoen tydens 'n vergadering met senior bestuur van die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in Bloemfontein.


Volgens die premier moet die provinsiale regering, munisipaliteite en die nasionale departement nouer saamwerk om grondverkryging te bespoedig en mense met grondeise beter te ondersteun.


Luidens ‘n plasing op sosiale media sê Letsoha-Mathae Suid-Afrika se ekonomie word steeds beïnvloed deur historiese patrone van grondbesit wat volgens haar 'n klein groep bevoordeel het terwyl baie mense uitgesluit gebly het.


Sy meen beter samewerking tussen regeringsinstellings is noodsaaklik indien die doelwitte van grondhervorming bereik wil word.


MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook
MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page