top of page

Die presidensie sê hy poog om koste van die Nasionale Dialoog laag te hou

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 11, 2025
  • 1 min read

Ten einde die koste vir die fiskus te verminder, word daar gepoog om die koste van die nasionale dialoog – en spesifiek die eerste nasionale konferensie wat op 15 en 16 Augustus plaasvind – te verminder.

Netwerk24 berig die presidensie het in ’n verklaring gesê alle begrotingsprosesse hierrondom sal ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur geskied.

Volgens die presidensie het Unisa aangebied om gasheer te wees vir die eerste nasionale konferensie en om gepaardgaande dienste gratis te verskaf, insluitend spyseniering, drukwerk, notaboeke, penne en Wi-Fi.

Die koste van die eerste konferensie word gefinansier uit die bestaande begrotings van Nedlac en die presidensie. Daar is ook skenkings ontvang.

 
 
 

Comments


bottom of page