Die Presidensie wil die Zondo-verslag se aanbevelings teen volgende jaar implementeer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 10
- 1 min read
Die Presidensie sê dat dit beoog om 90% van die aanbevelings van die Staatskapingskommissie teen Maart volgende jaar te implementeer. Dit het Vrydag tydens die Parlement se eerste vergadering van die nuutgestigte komitee oor die Presidensie na vore gekom.
ActionSA se Athol Trollip het die stadige tempo van verantwoordbaarheid gekritiseer en gesê dat politici wat by die Zondo-kommissie geïmpliseer is, steeds sonder gevolge in die regering dien. Trollip het ook vrae oor etiek in die staat geopper, met verwysing na bewerings rakende president Cyril Ramaphosa en adjunkpresident Paul Mashatile.
Die hoofbedryfsbeampte van die Presidensie, Rory Gallocher, het herhaal dat werk aan die gang is deur die Nasionale Anti-Korrupsie-strategie, terwyl die Presidensie ook optree op grond van verslae van die Spesiale Ondersoekeenheid.








Comments