Die president het volle vertroue in die waarnemende polisiehoof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 15
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê hy het volle vertroue in die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane. Hy sê hy weet van geen bewyse wat haar met misdadigheid verbind nie.
Ramaphosa het Donderdag vrae in die Nasionale Vergadering oor Dimpane en die geskorste polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, beantwoord.
Hy sê Dimpane is ná deeglike oorweging aangestel en geniet die steun van haar kollegas en die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia.








Comments