top of page

Die Pretoria-dieretuin het nie ‘n tekort aan voer nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 22
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi), wat verantwoordelik is vir die bestuur van die Nasionale Dieretuin in Pretoria, het bevestig dat daar nie ‘n tekort aan voer vir die diere is nie.


Nuusflits berig dit volg nadat ’n boodskap op sosiale media versprei is waarin gemeenskappe gevra is om dringend voer vir die buffels en kameelperde te skenk.


Volgens Sanbi het ’n inwoner van Tshwane, wat al voorheen takke aan die dieretuin geskenk het, op ’n gemeenskapsgroep gesê dat sy weer beplan om te skenk en ander genooi om te help.


Hierdie boodskap het onnodige kommer veroorsaak.


Sanbi het verduidelik dat die publiek nie takke hoef te bring nie, aangesien genoeg voedsel vir die diere beskikbaar is.


Ter illustrasie. FOTO: Pretoria Dieretuin
Ter illustrasie. FOTO: Pretoria Dieretuin


Comments


bottom of page