top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Maselsgevalle in die VS neem toe

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 25
1 min read

Daar is 'n toename in pasiënte in die Vrystaat wat weens masels in die hospitaal opgeneem word. Dit is volgens die hoof van interne geneeskunde by 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, Cloete van Vuuren.


Hy voeg by ’n groot rede hiervoor is waninligting oor die maselsentstof. Hy sê 90 % van mense moet teen masels ingeënt wees om ’n uitbreking te voorkom, en volgens hom is daar dele van die provinsie waar slegs 54% van kinders teen die virus ingeënt word.


Netwerk24 berig tot dusver is 58,9 % van die positiewe gevalle kinders tussen vyf en nege jaar oud. Volgens Van Vuuren is daar egter mense van alle ouderdomme wat weens die siekte gehospitaliseer moes word.


Hy sê dit is kommerwekkend, want vir elke persoon wat siek genoeg word om in die hospitaal opgeneem te word, is daar 20 tot 30 mense wat nie by ’n dokter uitkom en getoets word nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page