top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KI-liedjies mag nie meer op Australiese trefferlyste gespeel word nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 25
1 min read

Liedjies wat meestal of volledig deur kunsmatige intelligensie (KI) geskep is, sal voortaan Australië se amptelike musiektrefferslyste uitgesluit word. Dit is ingevolge nuwe reëls wat deur die opnamebedryf ingestel is.


ABC News berig opnames waarin KI as hulpmiddel gebruik is, kan egter steeds vir die trefferslyste kwalifiseer, mits dit wesenlik deur mense geskep is.


Die Australian Recording Industry Association (ARIA), wat Australië se amptelike musiektrefferslyste saamstel, het sy Gedragskode vir Trefferslyste opgedateer om dit in lyn te bring met beginsels wat deur die internasionale opnamebedryf aanvaar is. Die nuwe reëls gee ARIA die reg om opnames wat nie aan die vereistes voldoen nie van die trefferslyste te verwyder, posisies op die trefferslys aan te pas en toekennings terug te trek.


Kunstenaars en hul verteenwoordigers kan teen uitsluitings appelleer.


Die verandering tree Vrydag in werking.


ARIA het 'n beroep gedoen op alle rolspelers wat besluit watter musiek aan Australiese gehore gespeel en bevorder word – veral radiostasies – om menslike kunstenaarskap te ondersteun en soortgelyke reëls in hul eie kodes in te stel.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page