top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die produksie van jou daaglikse brood is onder druk

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025
1 min read

Brood is ʼn stapelvoedsel vir miljoene Suid-Afrikaners, maar min besef dat die produsente wat hierdie produk se gewas verbou, onder geweldige druk verkeer.


Die Suid-Afrikaanse koringbedryf verkeer in ʼn “krisistoestand”. Dit is te danke aan toenemende insetkoste, lae internasionale pryse en onvoldoende markbeskerming wat produsente in die gesig staar.


Volgens die voorsitter van Graan SA, Richard Krige, is die huidige marktoestande onhoudbaar vir enige produsent wat probeer om koring winsgewend in Suid-Afrika te verbou.


Maroela Media berig Krige benadruk dat kopers nie moet dink dat ’n hoër koringprys die broodprys dramaties sal opstoot nie. Koring maak slegs 18% van die koste van ’n brood uit.


Die werklikheid is dat die wegval van plaaslike produksie brood baie duurder gaan maak. Ingevoerde koring word met ʼn bykomende heffing belas word om plaaslike produsente beter te beskerm.


Ter illustrasie. FOTO: ChatGPT
Ter illustrasie. FOTO: ChatGPT

 
 
 

Comments


bottom of page