top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die prys van ru-olie is die hoogste in vier jaar

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Apr 30
  • 1 min read

Die prys van brent ru-olie het Donderdag tot die hoogste vlak in meer as vier jaar gestyg, te midde van vrese dat wêreldwye olievoorrade nog vir maande ontwrig kan word.


SABC-nuus berig brent ru-olie pryse het sedert die begin van die jaar meer as verdubbel, en het kort gelede nog teen meer as 120 dollar per vat verhandel.


Die Straat van Hormoes bly gesluit twee maande nadat Amerika en Israel begin het met aanvalle op Iran, wat beteken dat 20-persent van die wêreld se olie- en gasvoorrade ontwrig word. Amerika beplan volgens berigte om druk uit te oefen dat ander lande 'n internasionle koalisie vorm om vryheid van navigasie in die seestraat te herstel.

 

Intussen sê die Forum vir Suid-Afrika, of FOSA, die verlenging van die regering se verlaging van die brandstofheffing, is slegs 'n korrtermyn-oplossing wat nie die ekonomiese krisis in die land takel nie.


Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het Dinsdag aangekondig dat die drie rand opskorting van die brandstofheffing met 'n maand verleng word, terwyl die oorblywende 93 sent per liter heffing op diesel, ook opgeskort word. Die doel van die stap is om die impak van stygende brandstofpryse weens die konflik in die Midde-Ooste te beperk.


FOSA sê egter die verligting is misleideind en die las sal teruggeskuif word na verbruikers wanneer die prys wel in Junie en Julie skerp styg.


Brent ru-olie pryse het sedert die begin van die jaar meer as verdubbel. GRAFIKA: Facebook
Brent ru-olie pryse het sedert die begin van die jaar meer as verdubbel. GRAFIKA: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page