top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die R50-kragheffing geld nie vir almal

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 23
1 min read

Geregistreerde lae-inkomste huishoudings in die Mangaung Metro Munisipaliteit hoef nie die nuwe R50-basiese heffing vir voorafbetaalde elektrisiteit te betaal nie.


Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, sê in ‘n mediaverklaring die heffing geld slegs vir huishoudelike voorafbetaalde verbruikers wat nie op die metro se register vir behoeftige huishoudings verskyn nie.


Volgens die kragverskaffer sal huishoudings wat op die register is, steeds hul gewone Gratis Basiese Elektrisiteit ontvang.


Die heffing vorm deel van 'n nuwe tariefstruktuur wat op 'n koste-van-voorsieningstudie gegrond is.


Die nutsmaatskappy voer aan dat die werklike maandelikse koste om 'n huishoudelike aansluiting in stand te hou, aansienlik hoër as die nuwe heffing is.


Centlec voeg by die nuwe heffing word ook by ander metropolitaanse munisipaliteite in die land toegepas.


Ter illustrasie. FOTO: ActionSA
Ter illustrasie. FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page