Die R59-pad is steeds gesluit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 16 hours ago
- 1 min read
Motoriste word gewaarsku dat die R59 tussen Parys en Vredefort steeds vir alle verkeer gesluit is weens herstelwerk aan ernstige slaggate.
Volgens Parys Gazette is die hoop om dié gedeelte teen Donderdag weer oop te stel vir die Paasnaweek-verkeer, mits weerstoestande dit toelaat.
Intussen word verkeer via die Schoemansdrift-pad herlei, waar toestande reeds druk is en ekstra reistyd verwag kan word.
Die alternatiewe roete het ook skade opgedoen ná swaar reën en verhoogde verkeer, met voorvalle van voertuie wat vasgesit het, insluitend ’n vragmotor vroeër vandag.
Spanne werk tans om dié pad reg te maak en verkeersvloei te verbeter.
Motoriste word intussen versoek om nie padsluitings te ignoreer of aan padborde te peuter nie, aangesien dit ernstige veiligheidsrisiko’s inhou.








Comments