Die Ramaphosa-afsettingskomitee wil ’n hooggeregshof-uitspraak appelleer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 5
- 1 min read
Die parlement se afsettingskomitee wat die ondersoek na wangedragbewerings teen President Cyril Ramaphosa hanteer, het aansoek gedoen om verlof om ’n Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak te appelleer.
Die uitspraak het die ondersoek tydelik gestuit.
Die komitee het by ’n appèl van die ATM aangesluit wat reeds direk by die Konstitusionele Hof ingedien is.
Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, sê die interdik het verreikende gevolge vir die skeiding van magte en openbare aanspreeklikheid.
Die komitee meen die hooggeregshof was nie bevoeg om ’n Konstitusionele Hof-bevel te stuit nie.








Comments