Die rand het tot R19 teenoor die dollar verswak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 4, 2025
- 1 min read
Die rand het Vrydag tot R19 teenoor die dollar verswak. BusinessTech berig dit volg ná nuwe oproepe van Amerikaanse amptenare vir sanksies teen Suid-Afrika. Die Republikeinse kongreslid Ronny Jackson het ’n wetsontwerp ingedien wat sanksies teen korrupte Suid-Afrikaanse amptenare voorstel. Hy beweer Suid-Afrika steun vyande van die VSA soos China, Rusland en Iran. Interne spanning in die regering van nasionale eenheid (RNE) en nuwe invoertariewe deur Donald Trump het die druk verhoog. Trump het ’n 30%-tarief teen Suid-Afrika aangekondig. Die DA se teenkanting teen die begroting skep ook onsekerheid oor die RNE se toekoms.






Comments