Die rand tuimel deur die R17-vlak teen die dollar

Die rand het Dinsdagoggend vir die eerste keer sedert Maart deur die R17-vlak teen die dollar getuimel, terwyl die Amerikaanse geldeenheid verder verstewig te midde van ’n verwagte styging in die Amerikaanse rentekoers.
Om 03:00 was die wisselkoers R17 teenoor die dollar, maar dit het teen 09:30 weer na R16,96 herstel.
Netwerk24 berig die finansiële markte het ook intussen senuweeagtig geraak weens toenemende kommer oor die toekoms van die regering van nasionale eenheid (RNE), wat te wyte is aan die blykbaar venynige trant van die onderhandelinge tussen die ANC en die DA oor koalisies in tientalle munisipale rade ná afloop van die munisipale verkiesing.
Reuters berig die Amerikaanse dollarindeks, wat die dollar se sterkte teen ’n mandjie van ses geldeenhede meet, het Maandag sy hoogste vlak sedert April 2025 bereik.
’n Dalende goudprys het ook druk op die rand geplaas, aangesien die edelmetaal ’n groot bron van uitvoerverdienste vir Suid-Afrika is.










Comments