top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die regering bly daartoe verbind om die Stilfontein-situasie op te los

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2024
1 min read

Die regering het hulle verbintenis om die gespanne situasie by Stilfontein in Noordwes op te los, herbevestig. President Cyril Ramaphosa het die opmerking in sy weeklikse nuusbrief aan die nasie gemaak. Hy het die belangrikheid van die handhawing van menseregte en die bevordering van vrede, te midde van die voortdurende stryd in die gebied beklemtoon. Tot dusver is meer as ʼn duisend onwettige mynwerker wat reeds uit die myn uitgekom het, in hegtenis geneem. Ramaphosa sê dat die mynwerkers se aktiwiteite onwettig is en dat dit ‘n risiko vir die land se ekonomie, gemeenskappe en persoonlike veiligheid inhou.

 
 
 

Comments


bottom of page