top of page

Die regering het ‘n nuwe makro-ekonomiese strategie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 10
  • 1 min read

Die regering het ‘n nuwe makro-ekonomiese strategie wat daarop gemik is om die trae huidige ekonomiese groeikoers van ongeveer 1% tot 3.5% teen 2030 te verhoog.


Die Groeiversnelling- en Insluitingsstrategie is onlangs deur die Kabinet aangeneem.


Dit het ook ten doel om die vaste beleggingskoers van die huidige 14% van die BBP tot tussen 20 en 25% te verhoog.


Die strategiedokument is na bewering nie ‘n nuwe ekonomiese plan nie en sal nie die mediumtermyn-ontwikkelingsplan vervang nie.


Die doel daarvan is om die implementering van huidige planne soos Operasie Vulindlela te dryf.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page