top of page

'Die regering hoef nie vlugtelinge na Amerika te help nie'

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 28
  • 1 min read

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê die Suid-Afrikaanse regering is onder geen verpligting om Amerika by te staan met die emigrasie van sogenaamde Afrikaner-vlugtelinge nie.

News24 berig hy het weer bevestig dat hierdie groep Suid-Afrikaners wat in terme van President Donald Trump se administrasie se vlugtelingsaanbod na die VSA emigreer nie aan die definisie van vlugtelinge voldoen nie.

Voorts berig Newskoop Lamola beskryf dit as “Apartheid 2,0” aangesien die voorkeurbehandeling wat Afrikaners in die verband kry aan die voorkeurbehandeling van die verlede herinner.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page