top of page

Die regering kan miljarde bespaar

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 13
  • 1 min read

Die regering kan R6.7 miljard bespaar deur lae-prioriteit of onderpresterende programme oor die mediumtermyn te verwyder.


Dit volgens die minister van Finansies, Enoch Godongwana.


Godongwana sê die Gerigte en Verantwoordelike Besparingsinisiatief identifiseer sistematies duplisering, elimineer vermorsing én herorganiseer programme om waarde vir geld te lewer.


Volgens die minister is die uitskakeling van vermorsing en ondoeltreffendheid in die regering ononderhandelbaar as hulle die publiek se vertroue wil handhaaf dat belastinggeld verantwoordelik bestee word.


Hy voeg by die regering sal mense identifiseer wat die maatskaplike toelaestelsel bedrieg.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page