top of page

Die regering kon nie ‘n beter ooreenkoms met Amerika beklink nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1, 2025
  • 1 min read

Amerika het bevestig dat Suid-Afrikaanse uitvoere met 30% op 7 Augustus sal toeneem. Dit kom nadat die regering nie daarin kon slaag om 'n beter ooreenkoms vir die land te beklink voor Donderdag se sperdatum nie. Die tariewe hou 'n beduidende risiko vir Suid-Afrika se ekonomie in, met kommer dat dit werksgeleenthede in die land kan bedreig. Volgens president Cyril Ramaphosa sal diplomatieke pogings om 'n wedersyds voordelige handelsverhouding met Amerika te bereik voortduur. Intussen sê die Demokratiese Alliansie (DA) dat Suid-Afrika se mislukking om 'n handelsooreenkoms met Amerika te bewerkstellig aan nalatigheid, mislukte diplomasie en onbekwaamheid te wyte is. Dit terwyl ander lande volgens die DA se Toby Chance wel daarin geslaag het om beter ooreenkomste te beding.

 
 
 

Comments


bottom of page