Die regering moet duidelikheid gee oor belastingkrediete
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 12
- 1 min read
Die Raad van Gesondheidsfinansiers sê hulle hoop dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, duidelikheid sal gee oor die regering se plan vir mediesefondsbelastingkrediete.
Die groep vrees dat die krediete verwyder sal word om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te finansier.
Godongwana sal Woensdag die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring lewer.
Die Raad van Gesondheidsfinansiers vra vir duidelikheid oor die Nasionale Tesourie se planne om mediese belastingkrediete uit te faseer, en voeg by dat dit tot beduidende gesondheidsdekkingsgapings vir miljoene middel- en lae-inkomste individue sal lei.






Comments