top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Die regering moet rassegroeperings vir werksaanstellings skrap'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 16
  • 1 min read

Updated: Apr 17

Die oorgrote meerderheid van deelnemers aan 'n nasionale peiling glo die regering moet wegbeweeg van die “apartheid-rassegroeperings” om te besluit wie sake- en werkgeleenthede kry.


Netwerk24 berig die hoof van strategiese kommunikasie van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), Hermann Pretorius, sê Suid-Afrikaners is moeg vir rasgedrewe politiek, wat bemoedigend in die huidige politieke landskap is.


Pretorius het Woensdag ’n verslag uitgereik oor ’n peiling van die IRV waarin deelnemers moes reageer op vrae soos of Suid-Afrikaners glo daar is ’n wit volksmoord en of hulle glo dat die president swart moet wees. Meer as 1 000 mense uit verskillende agtergronde, wat ras en sosio-ekonomiese omstandighede insluit, het aan die peiling deelgeneem.


Luidens die verslag is rassisme deel van Suid-Afrikaners se werklikheid, maar dis bemoedigend dat Suid-Afrikaners voel die samelewing moenie meer op rasbeginsels gebou word nie en dat daar meer samewerking tussen alle rassegroeperings moet wees om ’n beter samelewing te bou.


Pretorius sê wit Suid-Afrikaners wat meen ’n volksmoord vind wel plaas, voel dat die land teen hulle gedraai het. Hy verwys na onder meer regeringsbeleide soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela) as voorbeelde. Hy sê dit word beskou as beleidsinstrumente teen wit mense en dra alles by tot ’n sin van vrees.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page