Die regering oorweeg tans nie 'n welvaartbelasting nie

Die regering oorweeg tans nie 'n welvaartbelasting nie. Dit is volgens die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, in reaksie op vrae van die EFF se Carl Niehaus.
Business Tech berig Godongwana gesê daar is reeds verskeie instrumente in Suid-Afrika wat welvaart omvattend belas.
Die konsep van 'n welvaartbelasting het wêreldwyd meer steun gekry te midde van toenemende wêreldwye ekonomiese ongelykheid. Suid-Afrika het een van die hoogste vlakke van inkomste-ongelykheid ter wêreld.
Die regering wys daarop dat sulke belastings in verskeie internasionale markte ondoeltreffend geblyk het. Die belangrikste redes waarom lande welvaartbelastings afgeskaf het, sluit in die hoë koste om dit in te vorder, administratiewe ingewikkeldheid en die negatiewe uitwerking daarvan op ekonomiese groei.









Comments