Die regering versuim om subsidies aan eerste huiskopers te betaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 19 minutes ago
- 1 min read
Die regering het die afgelope paar maande versuim om subsidies aan eerste huiskopers uit te betaal.
Die Nasionale Behuisingsfinansieringskorporasie sê aansoeke vir sy Eerste Huisfinansieringsubsidie sal volgende maand heropen.
Die program bied 'n eenmalige subsidie van tussen R3 501 en R22 000 aan laerinkomste eerste huiskopers.
Volgens die korporasie het hy gedurende die 2025/26-boekjaar subsidie-aansoeke ter waarde van R930 miljoen ontvang. Dit was dubbel die teiken vir dié boekjaar.








Comments