top of page

Die regering werk aan ‘n basiese inkomstetoelaag

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 11, 2025
  • 1 min read

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Sisisi Tolashe, sê die regering is besig om aan die skep van ‘n basiese inkomstetoelaag te werk. Sy het gister haar departement se begrotingsrede in die parlement gelewer. Sommige politieke partye en burgerlike samelewingsorganisasies het in die verlede ‘n beroep op die regering gedoen om ‘n toelaag in te stel om Suid-Afrikaners wat nie ‘n bron van inkomste het nie, te help. Tolashe het ook aangekondig dat haar departement sal help om gemeenskapsondernemings regoor die land te vestig en te versterk.

 
 
 

Comments


bottom of page