top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die regering wil duisende staatsgeboue verkoop

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die regering beplan om meer as 1 600 staatsgeboue te verkoop.


Volgens SABC News vorm dit deel van pogings om koste te besnoei en staatsbates beter te benut.


Macpherson sê die staat besit tans sowat 88 000 geboue en bestee jaarliks miljarde rand aan huur en die sekuriteit van ongebruikte eiendomme.


Hy meen die verkoop van sekere eiendomme kan help om fondse na infrastruktuurontwikkeling en werkskepping te herlei.


Die plan sluit ook in pogings om vervalle en gekaapte geboue aan te spreek en stedelike gebiede te hernu.


Dean Macpherson. FOTO: SABC News
Dean Macpherson. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page