top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die regering wil strategiese petroleumreserwes verhoog

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 11
  • 1 min read

Die regering beplan om die land se strategiese petroleumreserwes te verhoog.


Volgens die Minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, sal die reserwes verhoog word tot die ekwivalent van 60 dae se netto invoere. Mantashe sê dit is deel van ‘n konsepbeleid wat daarop gemik is om Suid-Afrika se ekonomie teen wêreldwye voorsieningsonderbrekings te beskerm.


Die huidige wet laat Suid-Afrika toe om ru-oliereserwes te handhaaf wat gelykstaande is aan 21 dae se voorraad tydens ‘n tekort. Dit stel die land bloot aan wêreldwye voorsieningsonderbrekings.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page