Die regering word aangespoor om werksoekervryaringsertifikaat te implementeer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Vrye Markstigting het voorgestel dat die regering ’n vrywaringsertifikaat vir werklose Suid-Afrikaners implementeer.
Die sertifikaat sal individue toelaat om hulself van sekere arbeidswette, insluitend minimumloonreëls, te vrywaar.
Volgens die stigting sal dit werklose mense, veral ongeskoolde werkers, meer opsies bied om die arbeidsmark te betree.
Kritici voer aan dat die voorstel kwesbare werkers aan uitbuiting en lae lone kan blootstel.
Hoewel die Vrye Markstigting die kommer erken, wys dit daarop dat die alternatief vir baie is om glad nie werk te hê nie.








Comments