Die regering word gevra om vroue se uitdagings aan te spreek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 5
- 1 min read
Die Staatsamptenarevereniging (PSA) versoek die regering om vanjaar se Vrouemaand te gebruik om die uitdagings wat vroue in die land in die gesig staar, die hoof te bied.
Die vakbond sê die eerbiediging van die geskiedenis van vroue se stryd vereis meer as ’n jaarlikse herdenking van Vrouedag.
Dit meen die regering moet rekenskap gee van die vordering wat gemaak is met ware geslagsgelykheid.
Die vakbond se Claude Naiker voeg by die regering moet ook die Nasionale Strategiese Plan oor Geslagsgebaseerde Geweld implementeer en befonds.








Comments