top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Regspraktisynsraad moet rekenskap gee oor die afskaffing van Afrikaans

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Regspraktisynsraad (RPR) is nou verplig om verdere dokumentasie en inligting bekend te maak oor die besluitnemingsproses wat gelei het tot die afskaffing van Afrikaans as taalopsie in die toelatingseksamen vir prokureurs.


Maroela Media berig die organiseerder van Solidariteit se regsnetwerk, Émil Glas, sê regspraktisyns het die reg om te weet hoe besluite wat hul beroep raak, geneem word. Glas sê dié uitspraak van die Gautengse hooggeregshof bevestig ʼn kernbeginsel van goeie bestuur, naamlik dat ʼn regulerende liggaam wat deur sy lede gefinansier word en namens hulle optree, rekenskap moet gee van hoe besluite geneem word.


Glas beklemtoon verder dat die hof in wese bevestig het dat deursigtigheid en aanspreeklikheid nie as opsionele beginsels deur die RPR beskou kan word nie. Hy sê Solidariteit hoop dat die RPR dié uitspraak sal gebruik om ʼn nuwe kultuur van deursigtigheid en aanspreeklikheid te vestig.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page