Die regstelling van 'n mislukte huisoorhandiging in Bloemfontein word verwelkom
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 13
- 1 min read
Die openbare beskermer het die implementering van hul remediërende stappe deur die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings verwelkom. Dit nadat die departement in April 2022 verkeerdelik 'n nuwe huis by Hillside View, in Bloemfontein, oorhandig het. SABC News berig ‘n ondersoek het bevind dat die huis wat aan Lucia Ntsaku toegeken is, eintlik aan Sarah Burgess, wat nou oorlede is, oorhandig moes gewees het. Die huis is nou aan die erfgename van Burgess oorhandig. Die DA het die saak by die openbare beskermer aangemeld nadat die huis in 2022 oorhandig is. In hul klag beweer die DA dat die ANC staatshulpbronne vir partypolitieke doeleindes tydens hul Letsema-veldtog misbruik het.





Comments