Die Reitz-gemeenskap word gevra om nie die reg in eie hande te neem nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 15
- 1 min read
Die Vrystaatse Premier MaQueen Letsoha-Mathae het 'n beroep op die Reitz-gemeenskap gedoen om nie die reg in eie hande te neem nie. Dit volg na die dood van twee minderjarige kinders, onder wie ‘n 18 maande oue seuntjie. Die twee se ouers het na bewering gaan kuier toe hul huis in vlamme opgegaan het en die lewens van die kinders geeis het. Luidens ‘n mediaverklaring het die woedende gemeenskap na die verdagte wat glo die brand gestig het gesoek en in die proses sy 16-jarige broer vermoor. Die verdagte is later deur die gemeenskap gevind en aan die brand gesteek. Die twee kinders is vroeër die week ter ruste gelê.





Comments