top of page

Die repokoers word aangekondig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die Reserwebank gaan na verwagting Donderdag die repokoers aankondig.


Daar word verwag dat die bank die repokoers onveranderd sal hou - wat beteken dat verbruikers met skuldlas dieselfde vir hul skuldpaaiemente sal betaal, terwyl diegene met spaargeld dieselfde rentekoers sal verdien.


Die Monetêre Beleidskomitee het koerse met 25 basispunte tydens hul November-vergadering verlaag.


Die repokoers is tans 6.7%, en die prima uitleenkoers is 10.5%.


Investec se hoofekonoom, Annabel Bishop, sê sy verwag dat die volgende beweging in die repokoers in Maart vanjaar sal wees, met ‘n verlaging van 25 basispunte namate inflasie na verwagting sal verlangsaam.


Ter illustrasie. FOTO: MoneyWeb
Ter illustrasie. FOTO: MoneyWeb


Comments


bottom of page