Die Reserwebank sal na verwagting sy rentekoerse onveranderd laat
- Saamgestel deur Ilde Roos
- 3 hours ago
- 1 min read
PSG Finansiële Dienste se hoofekonoom, Johann Els, verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse onveranderd sal laat wanneer sy Monetêre Beleidskomitee volgende week vergader.
Hy voorspel dat inflasie van 4,5 % in Mei tot ongeveer 4,7 % in Junie sal styg, hoofsaaklik as gevolg van hoër brandstofpryse wat verband hou met konflik in die Midde-Ooste.
Els sê daar is min tekens van breër inflasiedruk en hy verwag dat inflasie later vanjaar sal daal. Hy glo dat die Reserwebank se rentekoersverhoging in Mei ‘n verdere verhoging hierdie maand onwaarskynlik maak, ten spyte van stygende oliepryse.




