Die Reserwebank verras met 'n verlaging van die rentekoers
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 1, 2025
- 1 min read
Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die rentekoers met 25 basispunte verlaag.
Dié besluit was eenparig – en ook onverwags. Die rentekoers is nou 7% met ingang vandag, en die prima uitleenkoers 10,5%.
Maroela Media berig die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê reserwebanke regoor die wêreld bevind hulle tans in ʼn afwagtende fase, en globale ekonomiese toestande bly onseker.
Die rand het egter versterk, en inflasie trek voordeel uit ʼn sterker rand. Laer inflasie maak ook laer rentekoerse moontlik.
Volgens Newskoop sê die Good-party se Brett Herron egter dat die Reserwebank die kapasiteit het om die repo-koers nog verder te sny.
LUISTER:






Comments