top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Reserwebank verras met 'n verlaging van die rentekoers

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1, 2025
1 min read

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die rentekoers met 25 basispunte verlaag.

Dié besluit was eenparig – en ook onverwags. Die rentekoers is nou 7% met ingang vandag, en die prima uitleenkoers 10,5%.

Maroela Media berig die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê reserwebanke regoor die wêreld bevind hulle tans in ʼn afwagtende fase, en globale ekonomiese toestande bly onseker.

Die rand het egter versterk, en inflasie trek voordeel uit ʼn sterker rand. Laer inflasie maak ook laer rentekoerse moontlik.

Volgens Newskoop sê die Good-party se Brett Herron egter dat die Reserwebank die kapasiteit het om die repo-koers nog verder te sny.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page