Die Reserwebank waarsku oor ‘n moontlike voedselskok
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 29
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank waarsku oor die moontlikheid van ’n voedselskok wat voedselpryse verder kan opstoot.
Volgens eNCA sê die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, ’n groeiende El Niño-weerpatroon kan druk op die landbousektor plaas en voedselproduksie beïnvloed.
Die waarskuwing volg nadat die Reserwebank rentekoerse gister met 25 basispunte verhoog het.
Kganyago sê die besluit is geneem om inflasierisiko’s te bestuur en te help verseker dat inflasie na die teikenvlak terugkeer.
Die rentekoersverhoging kom te midde van stygende brandstofpryse en verskeie munisipale tariefverhogings wat landswyd in werking tree.








Comments