Die SA Pantsermuseum vier 30 jaar in Bloemfontein

11 minutes ago
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Pantsermuseum in Bloemfontein vier Sondag, 13 September, sy 30ste bestaansjaar.
Die mylpaal val saam met die 80ste herdenking van die Suid-Afrikaanse Pantserkorps, wat van 2 tot 6 Desember gevier word.
Volgens die museum bly sy fokus om die geskiedenis, tradisies en erfenis van die Pantserkorps te bewaar en vir toekomstige geslagte te beskerm.
Verskeie nuwe projekte en ontwikkelings is tans aan die gang as deel van die museum se voortgesette groei.
Die museum sê op sosiale media hy sien daarna uit om dié mylpaal saam met die Pantserkorps en almal wat oor die jare tot sy geskiedenis en voortbestaan bygedra het, te vier.







Comments