Die SA Raad van Kerke sê korrupsie is ’n sonde
- Saamgestel deur Jana Roos

- 17 minutes ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) sê dat korrupsie ’n morele sonde is wat deur al sy kansels veroordeel sal word.
Die organisasie het Maandag ’n teen-korrupsie-verbond onderteken om Vryheidsdag te vier, en sê die verbond is ’n verbintenis om ’n rol te speel in die stryd teen korrupsie. Die SARK sê kerke moet korrupsie weerstaan en aanmeld.








Comments