Die saak teen 16 beskuldigdes in die omstrede polisietendersaak uitgestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die geskorste nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, en sy 15 medebeskuldigdes het Vrydag weer in die Pretoriase Landdroshof verskyn.
Die saak is tot 28 Augustus uitgestel nadat die staat aangedui het dat hy die aanklagte teen Masemola en sy medebeskuldigdes wil wysig.
Masemola staan tereg op aanklagte kragtens die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, terwyl die ander beskuldigdes van bedrog, korrupsie en geldwassery aangekla word.
Die groep word verbind met die beweerde onreëlmatige toekenning van 'n polisiegesondheid- en welstandtender van R228 miljoen aan Medicare24 Tshwane.








Comments