top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die saak teen Getuie D se moordverdagte is uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Mar 25
  • 1 min read

Die saak teen die voormalige polisiebeampte wat aangekla word van die moord op Marius van der Merwe, of Getuie D, is in die Brakpanse-landdroshof tot 14 Mei uitgestel.


SABC-nuus berig die 41-jarige Matipandile Sotheni, wat 'n lid van die polisie se spesiale taakmag was, het in die hof ontken dat hy by die moord betrokke was. Hy het ook gesê dat die regsverteenwoordiger wat vir hom aangestel is, hom nog glad nie geraadpleeg het nie.


Sotheni staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Van der Merwe is in Desember verlede jaar buite sy huis in Brakpan in Ekurhuleni doodgeskiet, nadat hy die vorige maand as Getuie D voor die Madlanga-kommissie verskyn het. Hy het in sy getuienis senior lede van die Ekurhuleni metropolisie betrek by korrupsie en moord. 


Marius van der Merwe. FOTO: Facebook
Marius van der Merwe. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page