top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die saak teen man wat Ramaphosa glo gedreig het, is uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 2, 2025
  • 1 min read

Die saak teen die man wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie dreigemente aan president Cyril Ramaphosa gestuur het, is tot volgende week uitgestel. Die 28-jarige Phil Masango het Maandag in die Kaapstad-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn. Hy is twee weke gelede in Germiston in hegtenis geneem nadat die dreigemente by die polisie aangemeld is. Masango het glo ook dreigemente aan die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, en ‘n sakevrou gestuur. Hy staan ​​tereg op drie aanklagte van aanranding en vyf van die oortreding van die Wet op Kubermisdade.

 
 
 

Comments


bottom of page