Die saak teen Masemola is uitgestel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 21
- 1 min read
Die saak teen die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, is uitgestel.
Masemola het Dinsdagoggend vlugtig in die Pretoria-landdroshof in Gauteng verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur in verband met ’n tender van R360 miljoen wat toegeken is aan die vermeende misdaadbaas Vusimuzi Cat Matlala.
Die staat het versoek dat Masemola as Matlala se medebeskuldigde aangekla word. Die saak is tot 13 Mei uitgestel.
Hy hou vol dat hy onskuldig is. Hy moedig ook die polisie aan om voort te gaan om korrupsie binne die diens te beveg.
LUISTER HIER:
Genl. Fannie Masemola








Comments