Die saak teen Mugabe is wéér uitgestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die saak teen die seun van wyle voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe en sy medebeskuldigde is weer uitgestel.
Hierdie keer weens ’n gebrek aan elektrisiteit by die Alexandra-landdroshof in Gauteng.
Bellarmine Mugabe staan tereg op aanklagte van poging tot moord, regsverydeling, onwettige vuurwapenbesit, twee aanklagte van die rig van ’n vuurwapen en die oortreding van die Immigrasiewet.
Die twee het na bewering verlede maand ’n tuinier by ’n huis in Hyde Park geskiet.
Hulle sou glo Donderdag om borgtog aansoek doen. Die saak is nou tot volgende week Woensdag uitgestel.







Comments