Die saak van DJ Warras se vermeende moordenaar is uitgestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Warrick Stock, ook bekend as DJ Warras, vermoor het, se saak is tot volgende week Dinsdag uitgestel.
Victor Majola sou na verwagting vandag sy borgtogaansoek indien.
Die 44-jarige is ‘n paar dae nadat die mediapersoonlikheid verlede maand buite ‘n gebou in die binnestad doodgeskiet is in hegtenis geneem.
Hy sal in aanhouding bly en volgende week die kans gegun word om sy borgtogaansoek in te dien.
Weens die erns van die oortreding hou die Nasionale Vervolgingsgesag vol dat hulle sy borgtogaansoek sal teenstaan.







Comments