top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die SAID hervat boete-optrede teen trusts

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het weer finale aanmanings begin uitstuur aan trusts wat uitstaande inkomstebelastingopgawes moet indien.


Dit volg ná ’n tydelike grasietydperk in Julie, toe die diens boetes vir sekere trusts gekanselleer het omdat hulle nie hul opgawes vir 2024 en 2025 ingedien het nie.


Kommer oor die regsgeldigheid van die aanvanklike boeteproses het tot dié toegewing gelei.


Tax Consulting South Africa doen ’n beroep op trusts om hul belastingnakomingstatus na te gaan en enige uitstaande opgawes in te dien.


Die groep waarsku dat administratiewe boetes vir trusts wat nie aan die vereistes voldoen nie, tot 16-duisend rand per maand kan beloop.


Ter illustrasie. FOTO: RMI
Ter illustrasie. FOTO: RMI

 
 
 

Comments


bottom of page