Die SAID pas sy stelsels aan om dieselgebruikers toe te laat om kwalifiserende diesel terug te eis
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 minutes ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het sy stelsels aangepas om landgebonde dieselgebruikers in sektore soos landbou, bosbou en mynbou toe te laat om nou 100% van kwalifiserende diesel terug te eis. Dit is ’n verhoging vanaf die vorige 80%.
Business Tech berig die verandering geld vir diesel wat vanaf 1 April gebruik word en volg op wysigings aan die Wet op Doeane en Aksyns van 1964. Die korting stel gebruikers in staat om ’n terugbetaling van brandstofheffings en die Padongelukkefonds-heffing te eis.
Die aankondiging spruit uit die 2025-begrotingsrede van die minister van finansies, Enoch Godongwana, wat die aanpassing voorgestel het om die Dieselterugbetalingskema beter te belyn en verligting te bied ná brandstofheffingsverhogings.
Die skuif kom te midde van skerp stygende dieselpryse, wat sedert Februarie aansienlik toegeneem het. Die SAID sê sy stelsels is nou gereed om eise teen die nuwe 100%-vlak te verwerk.








Comments