top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die SAID se sperdatum vir belastingopgawes kom nader

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21
1 min read

Suid-Afrikaanse belastingbetalers het tot Vrydag om hul 2026-inkomstebelastingopgawes in te dien of beswaar teen outomatiese assesserings aan te teken.


Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) waarsku dat laat indienings tot maandelikse administratiewe boetes kan lei. Dit kan vir hoë-inkomsteverdieners wat meer as R500 000 per jaar verdien, tot R16 000 beloop.


Boetes kan voortduur totdat die uitstaande belastingopgawe ingedien is of die maksimum tydperk bereik word.


Belastingbetalers wat minder as R500 000 by ’n enkele werkgewer verdien, kan moontlik van indiening vrygestel word, mits hulle aan die diens se vereistes voldoen.


Diegene met uitstaande belastingopgawes op die inkomstediens se rekords kan egter steeds boetes opgelê word.


Ter illustrasie. FOTO: RMI
Ter illustrasie. FOTO: RMI

 
 
 

Comments


bottom of page