top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die SANW ontplooi versterkings na die DRK

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 28, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) beplan om versterkings na die oos-Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) weens 'n toename in geweld te stuur. berig 'n infanterie-eenheid en 'n vinnigereaksiemag word gemobiliseer om die SANW se teenwoordigheid in die streek te versterk, terwyl hulle moontlik ook die veiligheid van die Suid-Afrikaanse soldate wat reeds daar is, verseker. Die ontplooiing volg op die groeiende spanning in die DRK, waar die M23-rebelle, wat deur Rwanda gesteun word, belangrike gebiede beset het. Verteenwoordigers van die SANW het bevestig die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, het na die DRK gereis, waar sy die soldate besoek het, maar sy moet nog 'n verslag aan president Cyril Ramaphosa oor die situasie lewer.

 
 
 

Comments


bottom of page