top of page

‘Die SANW sal nie aanvalle kan afweer nie’

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 6
  • 1 min read

‘n Verdedigingskenner waarsku dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nie in ‘n posisie is om enige eksterne aanvalle af te weer nie.


Dean Wingrin beweer dat die Verenigde State (VSA) se weermag minder probleme sal hê om die land se weermag te hanteer as met Venezuela se gewapende magte.


VSA-magte het hierdie naweek ‘n grootskaalse aanval teen Venezuela uitgevoer.


Volgens Wingrin moet Suid-Afrika fokus op die toerusting en befondsing daarvan om met sy Afrika-eweknieë te vergelyk.


Hy sê die beste verdediging vir die land is om sy vorige praktyke te herevalueer en wyse politieke uitsprake en ekonomiese beleide te maak.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page