top of page

Die SANW verseker dat geen wapens of ammunisie by Bloemspruit gesteel is nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 4
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die versekering gegee dat geen wapens of gevegsisteme tydens die onlangse diefstal by die Bloemspruit-lugmagbasis in Bloemfontein gesteel is nie.

Dit volg op vroeëre berigte dat ammunisie na bewering hier gesteel is.

Die SANW-woordvoerder, Prince Tshabalala, sê ‘n saak van huisbraak is aangemeld en word deur die militêre polisie ondersoek.

Volgens IOL verduidelik Tshabalala die items waarmee gepeuter was, is van “beperkte taktiese waarde” en het nie nasionale sekuriteit of openbare veiligheid in gedrang gebring nie. Hy voeg by om sekuriteitsredes kan geen verdere besonderhede verskaf word nie.

Die SANW distansieer dié insident ook van ‘n aparte geval waar ‘n bus-enjin na bewering gesteel is.

 
 
 

Comments


bottom of page